Live-Bands Hoof Blad Kontak Ons
Steve Hofmeyr
Steve Hofmeyr
Beroemde Afrikaanse Sanger
Celebrity Bands
:: Book an Afrikaans band ::
:: Book a Comedy Band ::

Steve Hofmeyr - Beroemde Afrikaanse Sanger

Steve Hofmeyr se musiekloopbaan het reeds vroeg in sy lewe begin: hy het as jong seun in die kerkkoor gesing en reeds op 11-jarige ouderdom begin om musiek te skryf.

In 1997 tree Steve Hofmeyr tot die internasionale musiekarena toe met die duet 'You Don’t Bring Me Flowers' wat hy saam met die Belgiese superster Dana Winner vir Steve Hofmeyr se album 'True to You' opgeneem het. Hierdie snit is ook in Vlaams opgeneem en het die nommertwee-posisie in die Belgiese "Top 100" behaal. Alle kaartjies vir Dana en Steve Hofmeyr se gesamentlike optredes op die verhoog in België en Suid-Afrika was uitverkoop. Een van Steve Hofmeyr se eie liedjies was ook 'n treffer vir Dana in Europa.

Steve Hofmeyr het in 2001 deur Suid-Afrika getoer met 'Beautiful Noise' wat die lewe en musiek van Neil Diamond uitbeeld. Steve Hofmeyr het in dié jaar ook sy DVD met dieselfde titel uitgereik. Die toer was 'n groot sukses met 224 konserte waarvan alle kaartjies uitverkoop was. Van die liedjies wat Steve Hofmeyr self geskryf het, is 150 reeds deur Suid-Afrikaanse en internasionale kunstenaars opgeneem.

Van Steve Hofmeyr se top treffers sluit in:

  • Pampoen
  • Diefie Duifie
  • Beautiful Noise
  • The story of my life
  • Die BlouBul
  • Agter Elke Man
  • Girl, You'll be a woman soon
  • Ek Weet, Jy Weet
  • Ou Kraalliedjie
  • I got the feelin
  • I need Someone
  • Amazing Grace
  • 4x4
  • Master Jack
  • Stilte Rivierstroom
  • Why Me?

Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Steve Hofmeyr.

Bespreek beroemde Afrikaanse sanger DJ Ossewa met Live Bands.

 

Epos Live-Bands
+27 (0)87 943 9437